“Die veilingsbedryf is sekerlik een van die mees opwindendste industrieë wat jy ooit sal vind”, is wat Rudi Herbst, Besturende Direkteur van SA Auction Group aan jou sal vertel, veral indien jy nie baie kennis van hierdie industrie het nie. Hy vertel verder dat in lande soos die V.S.A, veilings ‘n meer vriendelike atmosfeer aanneem as in Suid-Afrika. “Die veilingsbedryf in die V.S.A. het ‘n tradisie aangeneem van pret en betrek soms selfs die hele familie, waar die industrie in Suid-Afrika gesien word as ‘n baie korporatiewe aangeleentheid”, s
Herbst.
Veilings word soms verkeerdelik geassosieer dat dit slegs ingestel word vir ondernemings of individue wat gesekwestreer of gelikwideer is. Dit is vir dekades nie meer die uitsluitlike doel van veilings nie, maar speel inteendeel ‘n massiewe rol in die daaglikse korporatiewe mark en meer spesifiek in die tegeldemaking van bates. Eenvoudig gestel; om bates in kapitaal om te skakel, vinnig. As gekyk word na die rol wat die veilingsbedryf in verskeie markte speel, sal gesien word hoe groot hierdie industrie werklik is.
‘n Groot aantal maatskappy erken dat veilings hulle in staat stel om vinnig ontslae te raak van uitgediende toerusting of eiendomme wat nie langer deel van hul kernfunksies uitmaak nie. Dit versterk dadelik hul kontantbronne. Herbst sê dat goeie produkte wat aan die mark te koop aangebied word steeds met puik kennis en selfs beter bemarkingstrategieë gepaard moet gaan om sukses te behaal. Presies daarom is besigheidsvennootskappe tussen maatskappye en afslaersmaatskappye van groot waarde in hierdie ekonomies-uitdagende tye. “Veral industriële-, myn- en konstruksiemaatskappye word aangemoedig om ‘n vertrouensverhouding met ‘n erkende afslaersmaatskappy op te bou om in ‘n posisie te wees waar bates verkoop kan word en sodoende die finansiële voordeel daaruit te optimaliseer”, sê Herbst. As lid van AHI stel Rudi Herbst graag sy professionele advies gratis aan vir diegene wat meer inligting oor die afslaersbedryf wil inwin. Hy kan gekontak word by 082 695 6658 of rudi@SAGroupgroup.co.za