NEWS

Veilingskoors - Volksblad Bylaag 2013

Veilingskoors - Volksblad Bylaag 2013 Posted on : 1/20/2014
“Die veilingsbedryf is sekerlik een van die mees opwindende industrieë wat jy ooit sal vind”, is wat Rudi Herbst, besturende direkteur van SA Auction Group aan jou sal vertel. SA Auction Group is ‘n jong veilingsmaatskappy wat al sedert 2009 aktief in die veilingsbedryf handel en het in sy kort bestaan ongeëwenaarde suksesse behaal in die verkoop van enige bates, waarvan kommersiële eiendomme, residensiële eiendomme, konstruksietoerusting, vragmotors en sleepwaens die hoogste note gesing het.
SA Auction Group bestaan tans uit drie takke wat die nege provinsies suksesvol bedien deur middel van ‘n netwerkspan van agente en direkteure. Die groep se hoofkantoor is in Bloemfontein gesetel weens die sentraliteit daarvan.  Die Gautengse tak is in Lynnwood, Pretoria, geleë en bedien die noordelike provinsies terwyl hulle ook spog met ‘n splinternuwe perseel en veilingswerf terwyl die nuwe Wes-Kaapse tak vanuit Kaapstad bedryf word. “Ons in-diepte kennis van die veilingsbedryf en van die behoeftes van kliente stel ons in staat om die mees professionele diens aan te bied teen uiters mededingende koste-strukture”, sê Herbst. 
SA Auction Group aanvaar ook verantwoordelikheid om ‘n opvoedkundige rol te speel. “Nie almal is uitgeknipte veilingkopers- of verkopers nie en juis daarom bied ons gratis konsultasies aan vir enige maatskappy of individu wat onseker is van die talle voordele wat die veilingsindustrie vir hulle inhou”, sê Herbst. Veilings word soms verkeerdelik geassosieer met ondernemings of individue wat gesekwestreer of gelikwideer is.  Dit is vir dekades nie meer die uitsluitlike doel van veilings nie, maar speel inteendeel ‘n massiewe rol in die daaglikse korporatiewe mark en meer spesifiek in die tegeldemaking van bates.  Eenvoudig gestel; om bates in kapitaal om te skakel, vinnig. As gekyk word na die rol wat die veilingsbedryf in verskeie markte speel, sal gesien word hoe groot hierdie industrie werklik is en watter voordele dit vir beide maatskappye en individue inhou.
SA Auction Group steun nie net op die been van veilings nie, maar bied ook uiters professionele diens aan wanneer dit kom by waardasies van alle bates, storing van bates asook uit-die-hand verkope van eiendomme, masjinerie en ander waardevolle bates.
Hierdie maatskappy is ook uiters opgewonde oor hul nuwe aanlyn veilingsplatform wat volgende maand geloods word deur die aanbied van ‘n massiewe konstruksieveiling namens die Raubex-groep.  “Hierdie nuwe digitale platform bring ‘n nuwe dimensie na die veilingsbedryf en beloof om ons suksesse selfs verder uit te brei”, sê Herbst.  Besoek gerus SA Auction Group se splinternuwe webblad by www.SAGroupgroup.co.za en besigtig hierdie platform.