NEWS

Wildteelgroepe op veiling - Junie 2015

Wildteelgroepe op veiling - Junie 2015 Posted on : 6/8/2015
SA Auction Group se nuwe afdeling, Wildlife Online Auctions, het vandeesweek sy derde instruksie per aanlynveiling afgeskop en kopers registreer reeds aanlyn.
 
Ongeveer 220 diere en ongeveer 15 spesies van die teelplaas, Vleifontein in die Colesberg-area, is tans onder die digitale hamer.  “Die veiling bestaan uit puik teelgroepe”, sê Louis Janse van Rensburg van Wildlife Online Auctions.  Hy voeg by dat die diere koue-aangepas is en dat daar nie op die spesifieke plaas gejag word nie, wat beteken dat die diere aan minder stress blootgestel is en dat die groter bokke nie uitgeskiet is nie.
 
Damara Springbokramme is nie gereeld in die mark beskikbaar nie, maar ‘n aantal puik ramme word tydens hierdie veiling verkoop, sowel as ‘n besonderse trofee Lechwebul en koedoebulle.  Vangkoste is by die bodprys van elke dier ingesluit.
 
Louis Janse van Rensburg sê dat die aanlynplatvorm grensloos is en ideaal is om wild te koop en te verkoop, siende dat die diere eers na die verkoping gevang word.
 
Belangstellende kopers kan reeds aanlyn registreer.  Louis kan op 072 724 9071 geskakel word of besoek www.SAGroupgroup.co.za vir volledige inligting en fotos. Geen registrasiedeposito is betaalbaar nie.  Die aanlynveiling sluit op Donderdag, 18 Junie vanaf 13h00.